Home Soilmix Machine Vineyard roots Maize Roots

Soil sampling

Soil Mapping

Cost benefits Contact team Afrikaanse Tuisblad Afrikaanse Artikel Links Soil Scientist
P

Soilmix blaas nuwe lewe in ou wingerde 

Artikel deur Karin Theron, uit Die Wynboer van die 6de Julie 2004

Nuwe lewe kan nou in ou wingerde geblaas word wat vanweë swak grondgehalte swakker oeste dra. Swak grondvoorbereiding, gronduitputting en voertuigverdigting is alles faktore wat wingerdopbrengste nadelig kan raak.

 Soilmix Afrika wat in samewerking met die landboudienstegroep, Afgri, grondhomogeniseringstegnologie ontwikkel het, het gevind dat hulle tegnologie ‘n bestaande wingerd se opbrengs met minstens 30, maar tot 60 persent kan verhoog. 

 Volgens Koos Stofberg, besturende direkteur van Soilmix, berus hul hele stretegie op presisieboerdery. Hulle bied ‘n omvattende diens aan wat grondhomogenisering betref.

 Die beginpunt van hul proses is om ‘n spesifieke area te karteer en dan verskeie grondmonsters sowat 1,2 m diep te neem vir ontleding. Die grond word deur hul grondwetenskaplikes visueel en chemies ontleed om enige tekorte in die grond te bepaal. Verskeie elemente wat ‘n aanduiding is van mikro- en makro-voedingsvlakke in die grond, asook die grond se pH en katioonruilingsvermoë word ontleed en op grond daarvan word sekere aanbevelings vir kunsmis en kalkstrooi gemaak.

 Die kern van Soilmix se strategie is die soilmix-masjien wat die breinkind van Koos Stofberg self is. Nadat verskeie vennote ingekoop het op die ontwikkeling van die masjien, is dit verfyn tot die masjien wat vandag die Soilmix 18/1-ploeg genoem word.

 Omdat die SM18/1-ploeg 1,8m breed is, kan dit met gemak tussen bestaande wingerde gebruik word. Alhoewel die masjien ook vir gewone grondvoorbereiding gebruik kan word, is kundiges wat die demonstrasie van die ploeg bygewoon het, dit eens dat die unieke waarde daarvan lê in die feit dat dit in bestaande wingerde gebruik kan word.

 Die SM18/1-ploeg bestaan uit ‘n vierwielvoertuig wat twee hidrolies aangedrewe dromme aan die agterkant dra. Die twee identiese dromme is semmetries aan weerskante van ‘n meganiese arm gemonteer wat in die grond laat sak word. Elke drom is toegerus met drie of vier snylemme, afhangend van die wydte of graad van vermenging wat nodig is. Grondvermenging vind plaas deur ‘n dromrotasie wat die grond wegskil en dan tot ‘n diepte van 1,2 m homogeniseer.

 Kunsmis en kalk word presisie toegedien volgens die hoeveelhede deur die grondwetenskaplikes voorgeskryf en in die grond gemeng. Terselfdertyd word bestaande wingerde se wortels gesnoei wat hul vermoë om water en voedingstowwe te absorbeer, verbeter deurdat nuwe haarwortelgroei gestimuleer word.

 Soilmix beweer dat hul revolusionêre grondhomogeniseringstegnologie tot gevolg sal hê dat wingerdhervestiging beperk sal word tot wingerd wat sieklik en werklik te oud is. Deurdat bestaande wingerde geregeneer word a.g.v. van beter grondtoestande en wortelsnoei van die wingerd, kan boere wingerdhervestiging tot die absolute minimum beperk.

 “Die gebruik van die SM18/1 om bestaande wingerd te regenereer kan binne een oestyd ‘n merkbare hoër opbrengs lewer. Die koste van regenerasie is baie minder as die verlies aan winste voordat ‘n nuut aangeplante wingerd sy gelykbreekpunt bereik,” meen Koos.  

Hy verduidelik sy stelling aan die hand van die volgende vergelyking: Veronderstel die prys van een ton Cabernet Sauvignon-druiwe is R5 000. Die boer het een hektaar Cabernet wat 12 jaar oud is. Die oes van die hektaar het gedaal tot 5 ton/ha uit ‘n moontlike 10 ton/ha. Gestel die uitgawes beloop R20 000/ha per jaar en die boer maak ‘n wins van R5 000/ha. Die koste van die uithaal van gevestigde wingerde, die grondvoorbereiding, die herplant en die vestiging van opleistelsels en besproeiing beloop R80 000/ha oor twee jaar met die volgende kontantvloei-implikasies:

                                                                                                              R                             R

In die eerste jaar na aanplanting is daar geen oes nie                                 (40 000)                  (Hervestigingskoste)

In die tweede jaar na aanplanting is daar geen oes nie                                 (40 000)                  (Hervestigingskoste)

In die derde jaar na aanplanting is die oes 4 ton/ha                                                          0

In die vierde jaar na aanplanting is die oes 8 ton/ha                                                    20 000 (Wins)

In die vyfde jaar en daarna is die oes 10 ton/ha                                                        30 000 (Wins)

                Netto verlies na 5 jaar                                                (30 000)

 Deur die bestaande wingerd te regenereer verhoog die boer onmiddellik sy oes:

Soilmix se regenerasietegnologie per hektaar                                   

                Presisie monstering, ontleding en aanbeveling (opsioneel)                (1 000)

                Grondregenerasie met die SM masjien *                                        (6 000)

* Koste is afhanklik van die bewerkingsdiepte en kalk, fosfaat en toedieningskoste is uitgesluit

Produksie bly jaar een op 5 ton/ha                                                                                    5 000  (Wins)

In die tweede jaar verhoog die produksie tot 8 ton/ha                                                    20 000 (Wins)

In die derde jaar bly verhoogde produksie op 8 ton/ha                                    20 000 (Wins)

In die vierde jaar bly verhoogde produksie op 8 ton/ha                                    20 000 (Wins)

In die vyfde jaar bly verhoogde produksie op 8 ton/ha                                    20 000 (Wins)

                                                                Netto wins na 5 jaar                                      78 000 (Wins)

 U kan Koos Stofberg, besturende direkteur van Soilmix, kontak by tel. 021 882 8270, sel: 082 453 4653 of e-pos: soilmix@mweb.co.za vir meer besonderhede.

 Foto’s:

 1.        Die SM18/1-ploeg is ‘n stewige buksie wat selfs onder ‘n tafeldruif priëel in kan pas.

 2.        Met ‘n breedte van 1,8 m beweeg die SM18/1-ploeg gemaklik tussen bestaande wingerdrye.

 3.        Albei hidrolies aangedrewe dromme het drie of vier snylemme wat deur dromrotasie die grond tot ‘n diepte van 1,2 m homogeniseer.

 4.        Die SM18/1-ploeg in aksie!

 5.        “Kyk hier, manne. Ek sê julle, my ploeg kan die grond 1,2 m diep omdolwe” verduidelik Koos Stofberg, besturende direkteur van Soilmix. Van links is Joe Schiller van Afgri, Beyers Truter van Beyerskloof, Koos Stofberg, Alvean Venter van Afgri en Dirk Bosman van Distell.

 

Please click here for enlarged detailed maps, an explanation of steps 6, 7 and 8, and more technical details and information about The SOILMIX Way
CONTACT THE SOILMIX TEAM he soilmix machine - precision farming. Soil preparation. Agricultural invention. Koos Stofberg, South Africa
HOME  


Copyright © 2004 SOILMIX Africa (Pty) LTD
Revised: 14 Jan 2006 10:52:45 -0000



Hi-Tech Precision farming:  The Soilmix Way

he soilmix machine - precision farming. Soil preparation. Agricultural invention. Koos Stofberg, South Africa